Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jaagduiwels moet nou lig loop

Jaagduiwels moet nou lig loop
 
2011-06-15


JAAGDUIWELS, wettelose motoriste en diegene wat aan onwettige straatwedrenne deelneem, moet nóú lig loop nadat die Paarl polisie se misdaadvoorkomingsbeamptes en die provinsiale verkeersafdeling se veldtog om onwettige ryery op die Paarlse paaie stop te sit, die afgelope naweek met sukses afgeskop is.

Met die padblokkades wat verlede Vrydag en Saterdag gehou is, is 32 boetes ter waarde van R43 200 uitgereik.

Kapt Louise du Plessis, skakeloffisier van die Paarl polisie, sê dat die oortredings wissel van geen veiligheidsgordels en afwesigheid van lisensies tot vervalde lisensies.

“Die polisie neem nou ’n houding in van zero-toleransie en al hoe meer sulke optredes gaan in die toekoms volg. Hierdie is ook deel van ons projek om die straatjaery stop te sit,” sê sy.

Dié padblokkades word op verskeie roetes en op verskillende punte beplan.

* The police have launched a road block campaign to stop illegal racing in Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za