Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waardeer u werklik die demokrasie?

Waardeer u werklik die demokrasie?
 
2005-10-20


VERKIESINGS soos verlede Woensdag nog in wyk 13 gebeur het, is die vernaamste steunpilaar in ’n demokratiese land.

Elke burger het dan ook ’n plig en verantwoordelikheid om die demokrasie te beskerm deur aan die verkiesing deel te neem. Sodoende kom die burger sy plig na om te gaan stem!

Diegene wat deur krankheid of ouderdom moeilik oor die weg kom, kan selfs reëlings maak dat hulle by hul wonings gehaal word en na die stemlokale gebring word.

Die stemdag is nou verby en wat het gebeur? Slegs 37% (37 uit elke 100) van die kiesers het hul demokratiese plig nagekom om aan te dui wie hul wyksraadslid moet wees.

Die orige 63% van die kiesers het die kans om te kan stem, laat verbygaan. As die wyksraadslid nie presteer nie, mag hulle (die wegbly-kiesers) dus nie agterna steen en been kla nie.

Jong ouers wat kinders grootmaak, middeljariges wat u aftrede moet beplan, oues van dae wat in veiligheid en vrede wil lewe en nou hierdie brief lees, kyk op u duim se nael.

As daar nie die stem-merkie is nie, dan het u die demokrasie nie waardeer nie, maar in die steek gelaat!

Demokraat



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za