’n OORLEWINGSKAMP vir seuns, ’n winter-avontuur, word gehou vanaf 13 tot 15 Julie op ’n plaas buite Wellington vir alle graad 6, 7 en 8 leerders.
Die kampprogram bestaan uit oorlewingstegnieke in die veld, hoe om skuilings te bou en om ’n tou reg te gebruik, eie veld kos berei, “paintball”-speletjies, ’n skattejag-avontuur, bou van vlotte en ’n vlotresies, inleiding tot spoorsny, vuurwapendemonstrasie en wapenveiligheid.
Die koste is R480 per inskrywing. Bespreek jou plek by Rudolph by 082 4087 881 of info@campadventure.co.za.
Besoek www.campadventure.co.za vir die volledige kampprogram. Inskrywings sluit Vrydag 24 Junie.