Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


IDIO - ’n kraakvars, plesierige Afrikaanse idiomespel

IDIO - ’n kraakvars, plesierige Afrikaanse idiomespel
 
2011-06-15


GEE kleur aan jou taal met die plesierige Afrikaanse idiomespel genaamd Idio! Van die wegspring tot die wenpaal neem die Idio-roete jou op ’n opwindende pad van lag en leer.

Op oranje blokkies neem jy ’n kaartjie uit die “vele hande” boksie en doen ’n span-aktiwiteit: óf jy moet die idioom vir jou spanmaats mimiek (geluide toegelaat!) óf jy moet dit teken binne ’n tydsbeperking van 2 minute. Verbeel jou byvoorbeeld jy beduie dat jy nie ’n gegewe perd in die bek moet kyk nie, of probeer teken hoe agter-os ook in die kraal kom… uit-die-maag-lag is gewaarborg!

As die span op ’n groen blokkie land, word ’n kaartjie deur die ander span uit die “op eie houtjie-boksie” gehaal – hulle lees dan vir jou die vraag op die kaartjie. Jy moet die regte antwoord uit drie opsies kies of die idioom voltooi.

Sit ’n leerling byvoorbeeld aan die voete van Gamaliël, Metusaleg of Nebukadneser? En waarin word ‘n stuiwer gegooi as jy iets te sê het oor ’n onderwerp?

Tydens elke aktiwiteit moet spelers ook die betekenis van die idioom probeer reg kry – sodoende bly effektiewe leer nie agterweë nie.

Rooi en blou blokkies sorg vir die geluks-faktor – geleenthede vir weer speel en vorentoe skuif gee ’n lekker hupstoot, terwyl gemiste beurte en ’n paar blokkies se agteruit-boerdery die span lelik op hul neus kan laat kyk.

Idio is ideaal vir tuisgebruik vir gesinne en groepe vriende. Alle 12-plussers behoort heerlik saam te speel. Met die CD wat ingesluit is, is Idio ook nommerpas vir gebruik in skole: onderwysers kan ekstra oemf gee aan taalklasse deur die digitale speelbord via die rekenaar op die groot skerm te gooi vir ’n prettige grootklas-aktiwiteit. ’n Verdere moontlikheid is om elke Afrikaanse les met ’n aartjie uit elke boksie te begin – ’n blitsige opwarmer om selfs die traagste leerders geïnteresseerd te kry!

Hoe gemaak om jou Idio-boks in die hande te kry? Jy kan Idio vir R270 by www.idiogames.co.za bestel, of jy kan vir Lindie bel by 071 527 5144 of e-pos by lindie@idiogames.co.za. Die posgeld is ‘n ekstra R50 per aflewering. Idio is ook in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch beskikbaar.

Idio – ’n prettige en vars manier om nuwe kleur te gee aan jou taal. Moenie op jou laat wag nie… kom slaan die spyker op die kop!




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za