DIE gewilde kursus in boekherstelwerk en papierkonservering by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl, word weer van 28 tot 30 Junie aangebied.
Dié intensiewe driedaagse kursus sal aan deelnemers die nodige kennis en vaardighede oordra om hardebandboeke se rûe suksesvol te herstel. Geen vorige ondervinding word benodig nie.
Die aanbieder is die konserveringspesialis Johann Maree, wat sy opleiding ontvang het by die Switserse Centro del Bel Libro en die Oostenrykse Nasionale Biblioteek.
Hy was vir 28 jaar hoof van die departement van papier- en boekkonservering by die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad, en het reeds verskeie konserveringskursusse nasionaal en internasionaal aangebied.
Deelnemers het ’n keuse tussen ’n kursusfooi van R1 500 (gereedskap ingesluit) of R1 300 (eie gereedskap). Ligte middagetes en koffie/tee is ingesluit.
Vir meer inligting, kontak Amira Clayton by 021 872 3441 of kommunikasie@taalmuseum.co.za.