Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moet verkeersman dan nie diskresie gebruik?

Moet verkeersman dan nie diskresie gebruik?
 
2005-10-20


WATTER respek dwing die volgende voorval af vir ’n uniformdraende wetstoepasser, ’n verkeerskonstabel van ons dorp?

Ek bevind my op Dinsdag 6 September in die Hoofstraat van die Paarl oorkant Absa bank om 10:45.

Meneer die verkeerskonstabel is besig om ’n boetekaartjie uit te skryf, terwyl hy gesels met die eienaar van die motor, geparkeer op die gereserveerde parkeerplek vir gestremde persone.

’n Passasier van die voertuig is ’n ou dame wat baie moeilik loop met twee krukke.

Hy het hom eenvoudig nie aan hulle gesteur nie en net die kaartjie in die hande van die bestuurder gedruk, in sy motor geklim en gery.

Ek het aangeneem die motor het nie ’n plakker gehad wat aandui dat ’n gestremde persoon daarin is nie, maar die verkeersbeampte kon darem seer sekerlik sien die ou dame kan nie behoorlik loop nie.

Sy skuifel letterlik duim vir duim vorentoe met behulp van twee krukke en haar kleindogter.

Ek wonder nou waar is hierdie verkeerskonstabel se diskresie? Is dit maar net weer ’n sagte teiken?

Geskok

Die verkeershoof, Japie Cornelissen, reageer: Verkeersbeamptes het geen diskresie nie - dit kan lei tot korrupsie. Hulle moet slegs die reëls toepas. Die publiek kan vertoë rig tot die kantoor, wat Administratiewe Beregtiging hanteer - nie die beampte op die pad nie.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za