Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wikkel vir gróót kontantprys

Wikkel vir gróót kontantprys
 
2011-06-15


ENIGE vrou wat ’n onderneming op die platteland bedryf, sal weet dis nie altyd maanskyn en rose nie. Daar’s minder voete om van jou produkte of dienste gebruik te maak en derhalwe is die uitdagings om jou onderneming suksesvol te bedryf soveel groter.

As jou onderneming ook die knyptang van die huidige ekonomiese klimaat voel, behoort die eerste prys van R65 000, wat op die spel is in Landbouweekblad en Sanlam se Landbouvroue-entrepreneurskompetisie, as ’n aanloklike aansporing te dien om sommer nou in te skryf.

Maar jy sal moet wikkel, want die sluitingsdatum vir dié kompetisie, wat vanjaar vir die sesde keer aangebied word, is 24 Junie. Enige vrou wat ’n onderneming op die platteland bedryf, kan inskryf. Dis nie net beperk tot landbouvroue nie. As jy ook ’n meerderheidsaandeel (50% plus een aandeel) in dié onderneming besit en dit aan alle regsvereistes beantwoord, voldoen jy aan die vereistes om deel te neem.

Die kompetisie fokus nie op ondernemings met die grootste omset nie, maar liefs op entrepreneurs wat ’n onbenutte geleentheid raakgesien en dit gebruik het om ’n lewensvatbare, volhoubare onderneming te skep. Vroue kan hulself benoem, maar ander individue of organisasies kan dit ook doen, mits sy haar toestemming gee. Inskrywings is gratis.

Ses finaliste word op 2 September deur ’n paneel beoordelaars uit al die inskrywings gekies. Elkeen sal R5 000 kontant en ander pryse van meer as R2 000 ontvang.

Die inskrywingsvorms is beskikbaar op Sanlam se webwerf by www.sanlam.co.za of op www.landbouvroue.co.za se kompetisie-webwerf. Entrepreneurs kan ook hul inskrywings elektronies na lvstad@landbou.com of per slakkepos voor 24 Junie aan Landbouweekblad/Sanlam-Landbouvroue-entrepreneurskompetisie, Posbus 1802, Kaapstad, 8000 pos of dit faks vir aandag: Linda van Staaden, 021 406 2296.

J Rossouw




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za