Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevaarlike sirkels

Gevaarlike sirkels
 
2011-06-15


EK ry op ’n gereelde basis deur die Paarl van suid na noord en andersom, deur ons sirkels.

Daar gaan bykans geen keer verby dat daar nie amper ’n ongeluk in een van die sirkels plaasvind nie. Dit wil my voorkom of die bestuurders nie die bestaande aanwysingbordjies kan verstaan nie.

Almal wil die linkerbaan gebruik om in die sirkel in te gaan, en dan wil party tot sover as driekwart om die sirkel ry in dieselfde baan voordat hulle uitdraai.

Behoed jou as jy dit durf waag om vir hulle te toet of kop te skud, want dan vlieg die hand- en vingertekens en vloekwoorde die wêreld vol.

Die hele idee is jy moet in die binnebaan bly en beweeg slegs na die buitebaan ’n (hele) ent voordat jy wil links draai. En gebruik jou flikkerlig!

Gefrustreerde sirkelgebruiker




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za