GRAAG wil ek my opregte dank betoon aan dr André Gilliland, oogarts van Wellington en sy personeel, vir hul onbaatsugtige diens en hulp verleen.
Verlede Maandag het my eggenoot ’n ineenstorting in sy kantoor gehad. Sonder om te aarsel het hy ons onmiddellik tegemoet gekom.
Na vele oproepe asook na die ambulansdienste Paarl, het hulle dadelik gekom en onmiddellik my eggenoot gestabiliseer.
Hy was binne ’n japtrap na Paarl Hospitaal vervoer wat op hul beurt uitstekende diens aan hom verleen het.
Met sy vinnige optrede asook dié van die ambulansdienste was ’n geweldige las van ons skouers geneem.
Dankie vir almal se ondersteuning en gebede. Hy is ontslaan en sterk mooi aan. Ons sal die pragtige gebaar altyd onthou.
Dankbare eggenote – Rosette September