Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raadslede onderneem om probleem op te los

Raadslede onderneem om probleem op te los
 
2011-06-15


EK verwys na die artikel Gemoedere loop hoog op Wellington, Paarl Post, 9 Junie 2011, oor die vervalle huis in Hoofstraat.

As inwoner van Wellington wil ek die versekering gee dat ons pas verkose Raad van Drakenstein, en ek persoonlik, pynlik bewus is van die ongemak rondom die tragiese toestand van een van die mooiste historiese huise, naamlik Hoofstraat 79, in Wellington.

Soos die bekommerde betrokkenes weet, is ek persoonlik, sowel as raadslid Buckle, reeds ’n geruime tyd besig om optrede om die huis te red, te probeer bespoedig.

Ongelukkig was daar tot op hede by die vorige Raad min politieke wil om hierdie aangeleentheid met erns aan te pak en deur te voer.

Die volgende inisiatiewe is nou reeds geneem: op 8 Junie is daar ’n vergadering in die Munisipale gebou gehou waarby die betrokke departemente teenwoordig was.

Daartydens is die Raad se regsverteenwoordiger, mnr Deon Blackburn, opdrag gegee om dié saak met die grootste dringendheid en spoed regtens te hanteer.

Verskillende besluite moet gelyklopend gehanteer word om te verhoed dat die verskillende afdelings op ’n ad hoc basis die saak hanteer en sodoende meebring dat tyd onnodig verspil word.

’n Opvolgvergadering is reeds op 9 Junie gehou en mnr André Marais, hoof van korporatiewe dienste, sal die saak persoonlik koördineer.

Belangstellende partye is welkom om my, of die betrokke wyksraadslid, mnr Buckle, te skakel om vordering te monitor.

Ek wil graag die onderneming, namens Burgemeester Van Deventer, gee dat ons alles in die stryd gaan werp om hierdie saak op te los in belang van Wellington en sy mense en te sorg dat hierdie juweel in in al sy glorie herstel gaan word.

Johan Rademeyer (raadslid)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za