Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kan die polisie nie fermer optree nie?

Kan die polisie nie fermer optree nie?
 
2011-06-15


EK het op Saterdagoggend om 16:00 die Wellingtonse polisie geskakel, in verband met ’n groep mense wat naweek ná naweek op die hoek van Klaasen- en Fisantstraat dobbel en rumoer asof hulle die enigste mense is.

Na sowat ’n halfuur was daar nog geen reaksie van die polisie nie.

Ek skakel weer om 16:30 met dieselfde versoek, dat die groep mense verwyder moes word. Tien oor vyf het daar ’n polisievoertuig kom stop.

Die beamptes het skaars ’n minuut met die groep mense gepraat, voordat hulle weer gery het.

Die persone het maar weer bymekaargekom en die dobbelary en rumoer het voortgegaan.

Ek het 17:45 weer gebel en die beampte het my in kennis gestel dat hulle skofruiling gaan doen, maar dat hy die boodskap aan die dagskof sou oordra. Om 19:30 het daar weer ’n polisievoertuig kom stop met geen gewenste uitwerking nie.

Ek het begrip dat ons manne en vroue in blou hul bes doen. Is daar egter nie ’n manier dat die reaksietyd soms ’n rapsie vinniger kan wees nie? Ek is regtig by breekpunt met hierdie groep mense wat naweek ná naweek my slaap versteur.

Hulle het geen respek vir andere nie. Dit gaan ook deur die week so. Hulle maak vuur en rumoer tot wie weet watter tyd. Die plek waar hulle bymekaarkom, is ’n seer oog soos hulle sit en mors. Kan die sektorpolisievoertuig vir ons area in Fisant- en Klaasenstraat nie meer konsentreer op hierdie gedeelte nie?

Freddie Green




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za