Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pawiljoenstories vir rugbymalles

Pawiljoenstories vir rugbymalles
 
2011-06-15


VERSKEIE bekendes het bygedra tot die nuwe boek Rugbymal - stories uit die pawiljoene, wat deur Jaco Kirsten saamgestel is. Selfs ’n Interskole-storie is bygedra deur Freddie Kirsten, een van Boishaai se pa’s.

Ander bydraers is bekende Springbokrugbyspelers en rugbyskrywers soos Ollie le Roux, Schalk Burger sr, JJ Harmse, Justine Krige, Emile Joubert, Louis de Villiers en Wynand Claassen, wat vertel waarom hulle so versot op die spel is.

Alles word gedek: van raserige ma’s langs hoërskool-rugbyvelde tot die uitwerking op ’n man se selfbeeld as sy span alweer verloor. Sommige vertel van waardevolle lewenslesse wat hulle op en van die veld af geleer het en ander raak nostalgies oor onvergeetlike oomblikke in Springbokrugby.

Dit word in die boekwinkels vir R160 verkoop, maar die Boishaai Rugbymal-prys is slegs R140. Kontak Mari Nel by 021 872 2875 om joune te bestel. Die boek sal ’n ideale Vadersdaggeskenk wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za