Gimnaste haal Boland-span
2011-06-15
Gimnaste van die Wynland Gimnastiekklub is opgeneem in die Boland-span wat onlangs aan die Wes-Kaap-kampioenskappe vir artistiese gimnaste vlak 1-3 deelgeneem het in die Velodrome in Bellville.
Die gimnaste is Zandri van Zyl (vlak 3 goud), Zani van Zyl (vlak 2 brons), Jasmine Howe (vlak 3 goud) en Greta Malan (vlak 2 silwer). Gimnaste van Boland, WP en SWD het teen mekaar deelgeneem.
Die gimnaste gaan na Oudtshoorn waar hul aan die Suidsone-gimnastiekkampioenskappe gaan deelneem
More
News
|