Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbytelbord

Rugbytelbord
 
2011-06-23


ALBIONS LOOP SY RIEME STYF

Albions se eerste rugbyspan het Saterdag sy rieme teen Lower Paarl (Blues) styfgeloop en hul wedstryd met 8-34 verloor. Hulle kon net een drie teenoor die vyf van Blues aanteken.

Beide spanne het die bal rondgegooi en aanskoulike hardlooprugby gespeel, maar by tye het dit gelyk asof Albions nie vir die wedstryd opgedaag het nie. Die enigste ligpunt vir Albions was die uithalerspel van die flank Rothaney Juries.

Alhoewel die korrelwerk pale toe vir die Bluesspan nie so goed was nie, is die Blues-span se verdediging opgeknap en het hulle net een drie afgestaan.

Driedrukkers vir Blues was Bjorn Winkhow, Guron Kulson (2), Lee Blaine en Dud-Lee Johnathan. Winkhow het ook met een strafskop en drie doelskoppe geslaag. Vir Albions het Elrico Pietersen ’n drie gedruk en Carlyle Williams het met ’n strafskop geslaag.

Blues se tweede span het met 11-8 gewen en die derdes wen met 33-0. Hulle o.16-span verloor met 17-22 , die o.14-span wen met 19-17 en die o.12-span wen met 10-0.

) SIMONDIUM WEN SPANNENDE WEDSTRYD

Simondium se eerste rugbyspan lê tans in die vierde plek op die punteleer nadat hulle Saterdag vir Riverstones in ’n spannende wedstryd met 21-20 geklop het.

Simondium se losskakel, Elrico Appolis, het weer eens geskitter en ook ’n drie gedruk. Ander driedrukkers was Julian Malegeni en Affie van der Westhuizen.

Vir Riverstones het Garth Paulse en Hein Pretorius agter die doellyn gaan kuier, terwyl Gerswhin Paulse ’n strafskop en doelskop oorgeklits het. Jacobus Hendricks het ook met twee doelskoppe geslaag. Die tweede span wen met 25-7 en drieë is gedruk deur Shaun August, Elton Januarie, Johannes September en Edward Smit. Die derdes het met 15-17 verloor. Denver Kana en Johny Hougaart druk drieë.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za