Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel trap klei teen Bellville

Pniel trap klei teen Bellville
 
2011-06-23


VIR ondersteuners van Pniel se eerste rugbyspan was verlede Saterdag se wegwedstryd teen Bellville ’n teleurstelling.

Almal het ’n baie gelykop stryd verwag, maar daar is nie aan die verwagtinge voldoen nie, en Bellville het op die ou einde verspot maklik met Pniel Villagers afgereken deur hulle met 45-14 te klop.

Die eindtelling is egter nie ’n ware weergawe van die wedstryd nie, want met rustyd was die besoekers nog met 11-7 voor en tot en met die vyftigste minuut was die telling 14-10 in die besoekers se guns.

Pniel was in daardie stadium nog in beheer van die wedstryd.

Twee vinnige drieë hierna deur die tuisspan, een daarvan ’n strafdrie, het die wind heeltemal uit die seile van die Pniel-manne gehaal en skielik was die telling 24-14.

Bellville het beheer oorgeneem en met hulle flink agterlyn die groterige skare op puik hardlooprugby getrakteer en ’n verdere drie verdoelde drieë aangeteken.

Die taktiese skuiwe wat deur die Pniel-afrigtingspan gemaak is met plaasvervangers het ook geboemerang, want die ritme van die besoekers was heeltemal versteur en hulle kon eenvoudig nie al die gate toestop nie.

Daar lê harde werk vir die Pnielers voor as hulle die tweede ronde van die kompetisie met groter selfvertroue tegemoet wil gaan. Baie meer aandag sal aan die vaste fasette van die spel gegee moet word.

Puntemakers was Dimitri Noble (drie) met twee strafskoppe deur Stefanus Cedras en een deur Ruaan Jacobs.

Villagers se tweedes het met 19-7 verloor, die derdes het gelykop gespeel met 12 elk en die o.20’s het verloor met 34-17.

In die eerste ronde, wat verlede week voltooi is, het hulle 9 wedstryde gespeel waarvan hulle 5 gewen het, 3 verloor het en 1 gelykop geeindig het. Hulle is nou vyfde op die punteleer.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za