Spoedvraat in Boland-groep teen WP
2011-06-23
DIE Boland Kavaliers mag dalk verras deur een van sy goue seuns, Danwel Demas (vleuel), teen die Westelike Provinsie los te laat in vanmiddag se wedstryd op die Boland-stadion (15:00). Die weervoorspellers voorspel ’n sopnat en baie koue Boland-stadion. Demas is ’n oud-Paarliet wat die afgelope jaar of wat oorsee gespeel het. Hy het ook voorheen vir die Cheetahs, Bulls en Boland gespeel. Dié spoedvraat het Dinsdag saam met die Kavaliers geoefen en is in die Boland-groep ingesluit, alhoewel hy nog nie ’n kontrak met die unie gesluit het nie, het Jaco van Wyk, kommunikasiebeampte van die Boland-rugbyunie, gesê. Ná die spanne van die Boland Kavaliers en die Westelike Provinsie verlede Woensdagaand in die duister gelaat is, toe die Boland-stadion se ligte afgegaan het met minder as 10 minute se speeltyd verstreke, is ’n herontmoeting tussen dié twee spanne geskeduleer om vanmiddag om 15:00 weer op dieselfde veld te geskied. Teen tye van ‘ligte uit’ verlede Woensdag, was Boland 7-0 voor teen hul Kaapse teenstanders, danksy ’n drie deur PJ van Zyl en ’n doelskop deur Elgar Watts. Die span is: 1. Charl du Plessis 2. Clemen Lewis 3. Eugene Butterworth 4. Ligtoring Landman 5. Henju van Niekerk 6. Jerry Sefoku 7. PJ van Zyl 8. Zandré Jordaan (k) 9. Marnus Hugo 10. Elgar Watts 11. Brendon April 12. Braam Gerber 13. Cornal Hendricks 14. Jonathan Franken 15. Willie le Roux 16. Peet Vorster 17. Chris Buckle 18. Lehan Koekemoer 19.Junior Bester 20. Milroy Isaacs 21. Bolla Conradie 22. Danwel Demas 23. Thor Halvorsen 24. Niel Papier 25. Carlyle Lawrence.
More
News
|