Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong hengelaar haak net te min

Jong hengelaar haak net te min
 
2005-10-20


’n GESOUTE junior hengelaar van die Paarl kan deesdae ’n viswaterstorie vertel (sonder om te lieg) waarop hy werklik kan trots wees.

Christo Snyman, lid van die Paarl Varswater Hengelklub, het ’n silwermedalje verower tydens die onlangse nasionale kampioenskap van die SA Varswater Oewerhengel Federasie.

Ses-en-dertig van die land se beste junior hengelaars het by die Bloemhofdam in die Vrystaat meegeding.

Christo, wat vir die SA Ontwikkelingspan gehengel het, kon met ’n totale sak gewig van 40,28kg, wat twee babers en drie karpe ingesluit het, die tweede plek inneem.

Hy het ook met die tweede grootste baber van die toernooi gespog, ’n volle 20,76kg.

Die bielie van 1,38m lank, was slegs 300g ligter as die grootste baber wat tydens die kompetisie gevang is.

Dit was ook die eerste keer in die geskiedenis dat die Junior SA Ontwikkelingspan die SAVOF se A en B spanne in dié kompetisie klop.

Dié veertienjarige van Hoërskool Labori is tans die beste junior hengelaar in die klub en beklee ook die algehele eerste plek met slegs een kompetisie oor vir die jaar.

’n Pluimpie vir die Paarl-klub was dat vyf van sy lede vanjaar in die WP Junior Varswaterhengel-span ingesluit is. Christo is al vir die afgelope drie jaar in dié span opgeneem.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za