Leefstylkalender
2011-06-23
* Reünie. Weltevrede Sekondêr se klas van 1991 beplan hul reünie later vanjaar. ’n Beplanningsvergadering word gehou by die skool op 23 Junie om 19:30. Skakel Cynthia by 082 493 2 659 of Janine by 078 2472 630. * KN. Die 2001-matrikulante van Klein Nederburg Sekondêr hou hul reünie op Woensdag 27 Julie. Vir navrae, skakel Charlton by 074 702 8377 of Tasnime by 072 059 5218. * Matrieks. Die 1981 matrieks van Bergrivier Hoërskool hou later vanjaar ’n 30 jaar reünie. ’n Beplanningsvergadering word op 25 Junie om 10:00 by die skool gehou. Vir navrae, skakel Anthony Cavernelis by 083 447 0309 of kontak die skool by 021 873 2301. * Toer. Die ATKV Wellington-tak bied hul jaarlikse toer na Sutherland en die groot SALT-teleskoop aan die naweek van 23 Julie. Bespreek vroegtydig om die heerlike koue en asemrowende sterre-aand te ervaar. Koste vir die toer is R1100 per persoon wat verblyf en etes insluit. Bespreek by Marinda by 076 998 6140 of Herman by 082 331 9699. * Boeremusiek. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou hul takkompetisie op 2 Julie vanaf 16:00 by Noord-Eind Laerskool. Direk ná die kompetisie word daar ’n dans aangebied met die wenorkeste. Toegang is R30 (R40 vir nie-lede). Kontak Ciceel by 083 3467 083. * Diabetes. Die Diabetesondersteuninggroep nooi alle belangstellendes uit na hul volgende byeenkoms op 23 Junie om 18:00 by Paarl Medi-Clinic. Sielkundige Hendri Viljoen gaan praat oor hoe diabetes die gesin raak. Kontak sr Kamaretha Beckert by 021 871 1808 of Jacorie Visagie by 021 807 8000 vir bespreking. Die byeenkoms is gratis. * Reunion. Former students and teachers of HS van der Walt High School are planning a reunion for next year at the old school (now the lower campus of Boland College in Paarl). The school closed at the end of 1992. Maryna Ontong (Coetzee), an ex-student from 1972-1973, is organising the reunion. Contact Maryna by 30 August on 083 6581 942 or ontong@vodamail.co.za. * Matric Dance Expo. A Matric Dance Expo will take place on 23 June (14:00-18:00) and 24 June (10:00-18:00) at La Rochelle Girls’ High School. Entrance is R10. There are lots of prizes to be won. Contact 084 533 1508 for enquiries. * Karaoke. New Orleans Sekondêr se oudstudente hou op 24 Junie om 20:00 karaoke by die skoolsaal. Kaartjies is R10. * Vakansiepret. Klasse in strippekuns (cartoons) word vanaf 11 tot 14 Julie (09:00-13:00) aangebied deur Vernon Fourie by die PJ Olivier Kunssentrum. Bespreek by Sonet by die Kunsvereniging Stellenbosch by 021 808 3668 (Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 10:00 en 13:00). * Praatjie. Belangstellendes van 50 jaar en ouer word uitgenooi na ’n praatjie deur dr Eben Liebenberg, Paarlse ortopeed, oor die pynlike heup en knie. Dit vind plaas op Saterdag 25 Junie om 09:30 vir 10:00 by die saal van die NGK Paarlvallei as deel van Paarl Medi-Clinic se senior program in samewerking met Smith & Nephew. Bespreek by Luzaan Bester by 021 807 8200 teen 22 Junie. * Bonsai Kai. Op Saterdag 25 Junie vergader Boland Bonsai Kai in die Katjiepiering-restaurant van die Botaniese tuin op Stellenbosch. Michelle Steenkamp sal ’n voorlegging doen oor gel en mycoriza (daardie belangrike boublokke van die lewe wat wortelgroei aanhelp) gevolg deur ’n demonstrasie en boompraatjie. Moet dus nie vergeet om ’n boom vir bespreking saam te bring nie. Vir navrae, skakel Willem Pretorius by 083 260 5696 of Mari-Louise du Plessis by 082 715 0856.
More
News
|