SMS'e
2011-06-23
* My watermeter is gesteel en ek moes R1200 betaal aan die Munisipaliteit om dit te laat vervang. My assuransie wil nie uitbetaal, hulle sê dit is Munisipaliteit se eiendom. Munisipaliteit sê dis hul eiendom maar die koste is nie hul verantwoordelikheid - hoe dan nou? ) Waarom moet die belastingbetaler ‘n veroordeelde aanrander se salaris as raadslid betaal? WvdV ) By die Huguenot-poskantoor versmoor ons in ’n poel van rommel. ) Jaagduiwels: die polisie teiken verkeerde mense. Hierdie jaagduiwels in die nag is in Drakensteinweg waar ek woon en een nag sal die straat vol klippe wees... ) Ek stem saam met die Wes-Kaapse minister dat die publiek onverantwoordelik bestuur as dit by treinoorgange kom. ) Perderuiters: ’n mens skiet nie net op mense wat nie ’n bedreiging vir jou is nie. Dis onaanvaarbaar. ) Botes wat so op ruiters vuur moet sy vuurwapenlisensie verloor. ) My kind en ek was ook byna geskiet deur mnr Botes, gelukkig was dit ook mis. ) Straf die skiet- en slaanlustige Botes en sy trawant swaar en vat die vuurwapens vir altyd af. ) Raak ontslaan van sy vuurwapen, hy wil mos net skiet soos hy wil, nog al die jare ) Die polisie is soos blits as die boere op plase bel, maar jy wag ure as die bendes in woonbuurte skiet. ) Dankie buurman vir die klappers waarmee jul my honde bestook - is dit nie dieremishandeling nie? ) Wees asb uiters versigtig wanneer enige besigheid me B Booysen aanstel in die Paarl en omgewing. U was gewaarsku.
More
News
|