Rubberbote vaar vir Cansa
2011-06-23
DIE Bergrivierprojek, ten bate van die Kinderkankerstigting van SA, skop in die Paarl af op Woensdag 20 Julie om 10:00 wanneer ’n krans gelê sal word. Lede van die publiek is welkom. Hierdie baie unieke fondsinsamelingsprojek wat dié jaar sy 21ste bestaansjaar vier, gaan oudergewoonte konserte en veilings langs die roete van die rivier aanbied. Die projek eindig Saterdagmiddag 23 Julie om 13:00 op Laaiplek. A Laubscher
More
News
|