Diewe by supermark?
2011-06-23
EK het op Maandag 20 Junie inkopies gedoen in die Paarlse middedorp, waaronder vyf pakkies sigarette by 地 groothandelaar. Daarna (om 09:40) is ek na Shoprite Paarl vir verdere inkopies. Ek het my inkopiesak met die sigarette toegeknoop en dit ingelewer by die pakkettetoonbank waar 地 jong man aan diens was. Toe ek klaar was met my inkopies en die sak by die pakkettetoonbank gaan haal, was dit oopgeknoop en een pakkie sigarette was weg. Jan Boesak 地 Woordvoerder van Shoprite reageer: Shoprite is jammer om te verneem van die onaangename ervaring wat mnr Boesak op 20 Junie in Shoprite Paarl ondervind het. Die supermarkketting is baie sensitief vir enige onaangename voorvalle waarin klante betrokke mag wees en het begrip vir die ongerief wat dit kan meebring. Die winkel se administratiewe bestuurder het dadelik, nadat mnr Boesak die kwessie by haar aangemeld het, met die relevante personeellid wat werk by die pakkettoonbank gaan gesels om feite rakende die voorval in te samel en het later die oggend ook telefonies 地 gesprek gevoer met die dame vir wie mnr Boesak die inkopies gedoen het. Shoprite sien die klagte in 地 baie ernstige lig en die saak sal deeglik ondersoek word.
More
News
|