Baie dankie
2011-06-23
GRAAG wil ek my waardering uitspreek teenoor die bestuurspan van Hawequa Korrektiewesentrum in Wellington. Hierdie toegewyde manne en vroue doen uitmuntende werk. Die Jeugdagvieringe wat ons onlangs daar gehad het, is weer eens ’n bewys van die mooi werk wat daar verrig word. Aan elke beampte by hierdie instansie, bou voort op die goeie werk. Julle arbeid word waardeer. Ek is inderdaad trots, om deel van die Hawequa familie te kan wees. Freddie Green
More
News
|