Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ou inwoners van Suider-Paarl gesoek

Ou inwoners van Suider-Paarl gesoek
 
2011-06-23


DIE Drakenstein Heemkring is in samewerking met ’n plaaslike navorser op soek na inligting en foto’s oor Suider-Paarl.

Die Heemkring, Paarl se argief, versamel van tyd tot tyd mondelingse geskiedenis van Paarl se ou woonbuurte en veral die woongebiede wat deur wetgewing in die 1960’s vernietig is.

Die eerste fase van hierdie ondersoek behels die plase Laborie, Picardie en die onmiddellike omgewing om hierdie plase.

Die Heemkring vra dat mense wat inligting oor die eienaars, die steengroewe en die winkels in die omgewing het, die Heemkring kan kontak. Foto’s is veral welkom. Die Heemkring sal die oorspronklikes aan die eienaars terugbesorg.

Belangstellendes kan my op 076 473 6176 skakel of epos stuur na info@drakensteinheemkring.co.za.

Marguerite Lombard




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za