Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rondebosch frommel Boishaai op

Rondebosch frommel Boishaai op
 
2005-10-20


DIE eerste krieketspan van Hoër Jongenskool Paarl moes Saterdag die knie buig voor Rondebosch.

Die Kapenaars het die Paarliete tot 186 beperk, met Tennyson Botes (86) en Braam Visser (40nun) wat goed kolf.

Calvern Tong (2/54) was HJS se beste bouler.

Rondebosch haal die teiken, met ses paaltjies in die bank.

HJS se tweede span (157/6) het meer sukses gehad en hul wedstryd teen Rondebosch (156) met vier paaltjies gewen.

Herschell Baron (5/33) en William Garwood (51) het albei mooi mylpale behaal, terwyl Wian Buys (32) ook goed gekolf het.

HJS se o.15A-span het teen ’n geweldige kolfaanval vasgeval toe Rondebosch 193 aangeteken het.

Die Paarliete kon slegs met 85 antwoord, met Storm Dukas (3/18) en André Burger (36) die enigste uitblinkers.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za