Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsdagboek

Kunsdagboek
 
2011-06-23


* Kuns. Die uitstalling van Jan Visser, Parys ’95, is te sien by die Grevilleas Galery by die Breytenbach-sentrum op Wellington tot 7 Julie.
* Exhibition. The Gallery at Grande Provence Heritage Wine Estate, Franschhoek, proudly presents Back From Paris, an exhibition showcasing lithographs by renowned South African and French artists, in collaboration with the Rendezvous Art Project, until 7 July. This exhibition features renowned artists such as Johann Louw, Musha Neluheni, Pontsho Sikhosana, Hanneke Benade, Molefe Thwala and Lehlogonolo Mashaba.
* Musiek. Kaleidoskoop, ’n talentvolle Afrikaanse musiekgroep, is te sien op 24 Junie om 20:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl. Kaleidoskoop neem ’n hele spektrum van musiekvorme aan. ’n Voorprogram word gedoen deur Hilandi du Toit. Kaartjies is R60 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 5640 056.
* Kamermusiek. Die 2011 Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees strek vanaf 8 tot 17 Julie. Daar is daaglikse aanbiedings van twee studentekonserte, openbare meesterklasse en die ‘In gesprek met’-lesingreeks, benewens die populêre personeel-kamermusiekkonserte elke aand vanaf 8 tot 14 Julie.

Die laaste drie aande van die fees sal optredes deur die Feeskonsert- en Feessimfonie-orkeste plaasvind in die Endlersaal. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Programbesonderhede is beskikbaar by www.sun.ac.za/chambermusicfestival.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za