Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skryf kampioen-jongwyne nou in

Skryf kampioen-jongwyne nou in
 
2011-06-23


DIE uurglas loop leeg vir wynmakers van die agt deelnemende wynstreke van Suid-Afrika om hul beste wyne van die huidige oesjaar in te skryf vir die land se grootste en oudste wynkompetisie, naamlik die SA Jongwynskou.

Vir nagenoeg 180 jaar gebruik wynmakers reeds hierdie gerespekteerde kompetisie as maatstaf vir hul jongwyne. Die sluitingsdatum vir inskrywings is onderskeidelik 23 Junie by die streekswynskouverenigings en 11 Julie by die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV).

Wyne van Robertson, Worcester, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en die Klein Karoo, sowel as individuele inskrywings van buite hierdie amptelike streke, ding jaarliks mee vir die goedkeuring van die hoogs bekwame beoordelaars.

In 2010 het ’n Sémillon van Flagstone kelder die gesogte Generaal Smuts Trofee ontvang as algehele kampioen jongwyn.

Die Pietman Hugo Trofee word toegeken aan die kelder met die hoogste puntetelling vir vyf verskillende wyne. Sewentien ander SA kampioene word gekroon in kategorieë wat insluit rooi en wit versnitte, die verskillende kultivars, sowel as dessertwyne, port en muskadel.

Spesialis-beoordelingspanele bestaande uit hoogs gekwalifiseerde wynkundiges sal die meer as 2000 ambisieuse jongwyne vanaf 25 tot 29 Julie by die Nederburg Veilingskompleks beoordeel.

Die wenwyne sal op 19 Augustus bekend gemaak word tydens ‘n geleentheid in Lambertsbaai wat deur die Olifantsrivier wynstreek aangebied word.

Besoek www.youngwineshow.co.za vir die nuutste SA Jongwynskou-katalogus en inskrywingsvorm of kontak Sandra Lotz by tel 021 807 3104, faks 021 863 2079 of sandra@veritas.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za