Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee uit twee vir Wellington

Twee uit twee vir Wellington
 
2005-10-20


’n GOED gebalanseerde vertoning deur Wellington Krieketklub het Saterdag die klub hul eerste sege van die seisoen besorg.

McCarthy Toyota Wellington Krieketklub het op sy tuisveld vir Young Peoples met vier paaltjies pakgegee.

Wellington het die loot gewen en besluit om die besoekers eerste te laat kolf.

Die Peoples kolwers, Quinton Kannemeyer (64) en Brendon Gabriels (32), het goed met die kolf ingeklim.

Wellington se Riaan Jephtha het ’n uitstekende dag met die bal beleef en kon met ’n boulontleding van 6/42 in 12,3 boulbeurte spog.

Hy is goed bygestaan deur Henco Bornmann (2/15 in 6bb).

Young Peoples kon net 131 lopies behaal.

Wat eers na ’n maklike oorwinning gelyk het, is deur Gercian
Gabriels (3/37 in 10bb) en Hubert Ontong (2/19 in 12bb) bemoeilik.
Warren Groeneveldt (49), Marnus Hugo (22nun) en Steyn Basson (22) het egter almal goed gekolf, om aan Wellington ’n vierpaaltjie oorwinning te besorg.

Wellington I speel Saterdag teen Victoriane op Coetzenburg.

Wellington II (193) het ’n ewe goeie uitstappie na Daljosafat Stadion gehad en vir Young Peoples II met 18 lopies geklop.

Cedric Williams (58), Gysie van Zyl (33 en 2/12), Phil Adams (4/37) was Wellington se uitblinkers.

Peoples se Wayne Jacobs (4/46), Zarier Alexander (3/29), Melvyn Jackson (48) en Marlin Carolissen (26) het goed gespeel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za