DIE kinderproduksie Raponsie is op Donderdag 30 Junie om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Soos in die sprokie word Raponsie in ’n toring opgesluit deur ’n nare ou heks wat haar van almal wil weghou.
’n Prins hoor egter eendag haar pragtige stem en vind gou-gou uit hoe om by haar in die toring te gaan kuier.
Hy raak natuurlik dadelik op die mooi meisie met die lang hare verlief.
Wanneer die heks uitvind dat die prins op die toneel is, raak sy vrééslik boos.
Gehore sal maar self moet kom kyk of Raponsie en die prins by mekaar gaan uitkom en of die heks se nare planne sal seëvier.
Die regisseur is Gaerin Hauptfleisch en Raponsie word aangebied deur Spektrum en Stercus-produksies.
Kaartjies is R40 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com.