Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitvoering van vier tenore

Uitvoering van vier tenore
 
2011-06-23


MUSIEK IN DIE VOORHUIS verwelkom die vier tenore ‘Trance Pose’ vir ’n uitvoering Sondag 26 Junie om 12:00 by Mooikelder herehuis in Noord-Agter-Paarl.
By die begeleier Wilna Viljoen (naasregs) is die tenore (van links) Niel Roux, Izak Viljoen, Ferdi Oosthuizen en Lance Kotze, almal talentvolle soliste in eie reg.
Hulle is pret om dop te hou en wonderlik op die oor. ‘Trans Pose’ gaan musiek uit operas, rolprent en musiekblyspele sing sowel as klassieke treffers van toentertyd tot nou. Sop en brood, wyn en tee/koffie sal bedien word.
Toegang is R50 per persoon (R30 vir pensionarisse en studente). Bespreek by Adri by mooikelder@iafrica.com of 021 869 8787 of 082 749 8936.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za