Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bokkie se dood vererger hondemoles

Bokkie se dood vererger hondemoles
 
2011-06-23

Sieb Sieberhagen

’n AANVAL deur ’n wolfhond wat verlede week glo wou verhoed dat ’n worshond twee van sy eienaar se kleinkinders aanval, het opnuut ou wonde oopgekrap oor ’n hans grysbokkie wat onlangs in Wellington die hasepad gekies en toe doodgery is.

Onmin tussen die Skinners en Hugo’s van Genl Hertzoglaan in Berg-en-Dal op Wellington lê dik gesaai, alhoewel Jannie Hugo, eienaar van die wolfhond, in vrede met sy bure wil saamlewe.

Die worshond, Heidi, se eienaar, Kobus Skinner, is goed die joos in oor die onlangse voorval. Dit het ook bygedra dat die wonde oor die dood van Blertsie, die grysbokkie, weer oopgekrap is.

Kobus, wat na ’n rugoperasie by die huis aansterk, wou aanvanklik die strydbyle oor die onlangse aanval begrawe, maar toe hy hoor dat Jannie en sy wolfhond Sheila moontlik die dood van Blertsie veroorsaak het, het hy weer sy bokshandskoene aangetrek.

Hy was nog in die hospitaal ná die operasie toe die aanval voorverlede Sondag plaasgevind het. Sarinda, sy vrou, het hom kom vertel wat gebeur het.

Sy het gesê dat Heidi van die terras voor hulle huis afgeval het, toe Sheila haar gegryp en rondgeruk het.

Met sy terugkeer Sondag wou hy die lug gaan suiwer en presies uitvind wat gebeur het. Dit is toe dat Jannie hom glo meegedeel het dat hy Sheila op Blertsie gesit het toe dié ’n paar maande gelede die groener blaartjies van die Hugo’s se roostuin gaan opsoek het.

Kobus vertel dat Blertsie diep in hulle harte ingekruip het. Kobus, wat by die polisie in Mbekweni werksaam is, sê dat iemand die grysbokkie daar aangebring het en nadat hulle heen en weer gebel het om huisvesting vir die bokkie te reël en dit onsuksesvol was, hy by die DBV toestemming gekry het om die bokkie hans groot te maak totdat daar ’n geskikte blyplek vir die bokkie gekry kon word.

“Blertsie het soos ’n hond grootgeword. Hy het gehou van die bederfies wat ons vir hom uitgesit het. Die bokkie het sommer saam met die honde geslaap en deel van die gesin geword,” vertel Kobus.

Skinner het verlede week die onderonsie tussen die honde onder die aandag van die Drakenstein Munisipaliteit se wetstoepassers op Wellington gebring, maar Jacques Cyster, die hoof, was nie beskikbaar nie.

Cyster, wat Maandag weer terug op kantoor was, het by navraag gesê dat hy die aangeleentheid sal ondersoek. Volgens die munisipale bywette moet erwe waar honde aangehou word, afgesper word sodat honde nie los op straat kan rondloop nie.

* Neighbours in Wellington are at loggerheads over their dogs, after the death of a hand-reared buck..




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za