Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat elke man behoort te weet

Wat elke man behoort te weet
 
2011-06-30


DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) bied in samewerking met PathCare spesiale tariewe gedurende Junie en Julie vir PSA bloedtoetse om moontlike probleme in die prostaat vroegtydig op te spoor.

Hierdie toetse word teen R75 kontant aangebied tot einde Julie.

Mans ouer as 50 jaar word aangemoedig om jaarliks hierdie eenvoudige siftingstoets vir prostaatkanker te ondergaan.

Hoe vroeër prostaatkanker opgespoor word, hoe beter die kanse op doeltreffende behandeling. In die meeste gevalle toon prostaatkanker geen simptome in die vroeë stadiums nie, maar kan deur middel van hierdie bloedtoets opgespoor word.

Die Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toets is ’n eenvoudig bloedtoets wat die teenwoordigheid van ’n sekere proteïen, wat in die prostaatklier gevorm word en ‘n aanduiding van kanker kan wees, identifiseer.

Indien hierdie tellings verhoog is, sal daar verdere toetse gedoen word om te bepaal wat die oorsaak is.

Vroeë waarskuwingstekens van prostaatkanker sluit in probleme om te urineer (herhaaldelike behoefte om te urineer, veral snags) en probleme om die urinestroom te begin en te stop.

Latere gevaartekens van prostaatkanker is bloed in die urine, pyn of brandende sensasie tydens urinering en pyn in die lae rug, bobene of bekken,

Mans kan vanaf 1 Julie tot 31 Julie bloed laat trek (soner afspraak) by Pathcare in die Paarl 021 872 5158), op Wellington by drs Portwig & Pienaar (873 1057 ) op Franschhoek by drs Van der Merwe & Heywood (876 2304).

’n Kontantbedrag van R75 is betaalbaar. Uitslae sal via CANSA aan alle kliënte terugbesorg word.

Skakel Barbara Williams van Cansa by 021 873 6358 of 082 718 5639.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za