OP 3 September beplan Rusoord-ouetehuis ’n rolstoelpretdag vanaf 09:00. Almal is welkom om te kom deelneem.
Die pretritte is oop vir almal van alle ouderdomme. Daar is 2, 5, 7 & 10 km ritte van te kies asook ’n aflosrit (4 persone per span).
Ma’s is welkom om hulle stootkarretjies te bring om aan dieselfde pretritte deel te neem. Mense wat rolstoele wil stoot, word ook benodig. Daar is ’n inskrywingsfooi van R50 per individu (wat die assistent insluit).
Die doel van die ritte is om pret te hê - daar sal geen pryse aan wenners oorhandig word nie.
’n Mini-basaar sal terselfdertyd op Rusoord se terrein gehou word (borgskappe en skenkings van pryse is welkom).
Produkte vir verwerking tot worsrolletjies, pannekoeke, koekies, poeding en hoenderpasteitjies word ook benodig.
Kontak 021 872 1982 vir navrae.
M du Toit