Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kolwers bemoeilik sake vir Paarl

Kolwers bemoeilik sake vir Paarl
 
2005-10-20


DIE Premierliga stryd tussen Novel Paarl en Van der Stel op Bergzicht is met ’n goeie spanpoging deur die tuisspan gewen.

Die Paarliete is die taak gelaat om 175 lopies in 60 boulbeurte aan te teken vir ’n oorwinning.

Paarl wen die loot en stuur Van der Stel in om eerste te kolf. Die tuisspan word vir 174 lopies uitgehaal met die tiende paaltjie wat in die 60ste boulbeurt kantel.

Die relatiewe lae telling was grootliks te danke aan skitterende boulwerk deur Ultallyn Ernstzen.

Ernstzen het twee paaltjies ingeoes en ’n baie ekonomiese 13 lopies in 11 boulbeurte afgestaan.

Hy is goed bygestaan deur Denver van Reenen (2/53 in 15bb) en Anwell Newman (1/22 in 11bb).

Die besoekers se goeie veldwerk het ook daartoe bygedra dat drie van die tuisspan-kolwers uitgehardloop is.

Van der Stel se totaal is deur Christo Lotz (29 4x5), Henri Fourie (35 4x5) en Nick Northcote (33 4x2) aanmekaar gemessel.

Vir die Paarliete het slegs die openingskolwer, Carlo Crotz, met 52 lopies (wat ses grenshoue ingesluit het), enige weerstand gebied teen Van der Stel se boulaanval.

Hilton Solomon (17 4x3) en Crotz het in die middel bymekaargekom, met die telling op 53/4 in die 21ste boulbeurt.

Dié twee het vir die enigste noemenswaardige vennootskap gesorg toe hulle 43 lopies aangeteken het.

Paarl word uiteindelik uitgeboender vir 120 lopies.

Vir Van der Stel het Jaco Strydom (4/33), PW Serdyn (2/27) en Dale Heramb (2/16) die paaltjies laat kantel.

Paarl II (136/10) verloor teen Van Der Stel II (137/4).

Saterdag speel Paarl I tuis teen Brackenfell en Paarl II reis na Brackenfell, Paarl IV op Cloetesville teen Spes Bona te staan kom.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za