EK hoop die polisie gaan verder ondersoek instel na die dood van ’n dogtertjie, nadat haar ouma en dié se houman onlangs in die Hooggeregshof onskuldig bevind is.
Of gaan dit maar net nog ’n “onopgeloste” moord wees?
Ek wil vir die bure vra: waarom het julle nie vroeër ingetree nie?
Hoekom is die samelewing so onbetrokke by wat om hulle aangaan?
Hoekom is daar soveel vergrype aan drank en dwelms, vrouemishandeling en verkragting in die gemeenskap?
Mense moet opstaan teen die onreg in ons midde.
B Truter