Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wedstryd raak beskryf deur Blues Boy

Wedstryd raak beskryf deur Blues Boy
 
2011-06-30


EK verwys na die brief getitel “Welgedaan Blues Boys”.

Ek is so bly iemand het die situasie reg geskets rakende die onderwerp: vuiste klap by rugbywedstryd.

Hoekom kry die Blues Boys die skuld? Omdat die meeste van hul spelers en ondersteuners uit die buurt Chicago kom en gesê word net die skollies bly daar en speel vir Blues.

Daar moet ek julle almal teleurstel, Chicago bestaan nie net uit skollies nie, vir dié wat dit mag dink, want dit is ook nie wat ek is nie, tog bly ek ook daar. Ons is ordentlike mense.

Wat by daai wedstryd gebeur het, het meer deur toeskouers, nie net die van Blues nie, maar van alle spanne begin.

Almal het kom insae lewer, soveel so dat vuisgevegte, grootmense met wapens in hul sye (daarvan word nie melding gemaak nie, en sal ons ook nie sê wie nie) en onskuldige mense, almal was betrek.

Of jy net eenvoudig die wedstryd geniet het, jy was deel van die mannewales. Wat van die gesiene mense van die verdedigende span wat ’n toeskouer bietjie van sy vuiste wil laat proe?

So ek kan hom mos ook ’n skollie noem, maar nee - hy is die gesiene mens en hoë kop in sy gemeenskap.

Die week daarna is die Daljosafat-stadion behoorlik veiligheidsmal, want Blues speel mos weer, so die skollies is weer losgelaat.

So verloor ons 36-30, maar tog, geen vuisgevegte en lelike gedrag nie, want ons kan mos ’n verloor hanteer. Ons is nie swak verloorders nie. Hoekom het ons dan nie toe die span van Simondium aangerand nie?

Ek bly ’n trotse Blues ondersteuner, al sê wie wat. Dis net ’n jammerte mense het ons geoordeel voor hulle die regte storie geweet het en sal Blues mos die bakleierige span bly.

En tog was dit mense wat fees vier op die voorblad, nie mense wat baklei nie.

Amanda Arendse (’n getroue Blues-ondersteuner)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za