’n OORLEWINGSKAMP vir seuns, ’n winter-avontuur, word gehou vanaf 13 tot 15 Julie op ’n plaas buite Wellington vir alle graad 6, 7 en 8-leerders.
Die kampprogram bestaan uit oorlewingstegnieke in die veld, hoe om skuilings te bou en om ’n tou reg te gebruik, eie veld- kos berei, “paintball”-speletjies, ’n skattejag-avontuur, bou van vlotte en ’n vlotresies, inleiding tot spoorsny, vuurwapendemonstrasie en wapenveiligheid.
Die koste is R480 per inskrywing. Bespreek by Rudolph by 082 4087 88.
Besoek www.campadventure.co.za vir die volledige kampprogram.
Inskrywings sluit Vrydag 24 Junie.