Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland o.21's mis uit

Boland o.21's mis uit
 
2005-10-20


DIE Boland o.21 rugbyspan kon Vrydagmiddag net-net nie daarin slaag om die Griekwas in die eindstryd van die B-afdeling te klop nie.

Die Wellington-span moes met ’n 24-19 telling tevrede wees toe die eindfluitjie in Brakpan geblaas het.

Die Bolanders was rustyd 13-7 voor nadat hulle in die eerste helfte die septer geswaai het.

Hoewel hulle die meeste gebiedsvoordeel geniet het, het ’n gebrekkige afronding verhoed dat hulle met ’n groter punteverskil gaan water drink het.

Die Boland het eerste punte aangeteken toe die agsteman, Whalied Heyns, in die sewende minuut gaan druk het.

Otto Lück was in die kol met die doelskop.

Lück het 10 minute later nog punte bygevoeg toe hy sukses behaal met twee strafdoele.

’n Geelkaart aan die senter, Claude Arendse, kort voor halftyd het ook die Boland se kaarte deurmekaar gekrap, en Griekwas het in dieselfde tydperk ’n doel behaal.

Hoewel daar besluit is om Griekwas voor aan te vat, kon die Boland nie dié spelplan heeltemal tot uitvoer bring nie.

Twee drieë deur Griekwas halfpad deur die tweede helfte het hulle vir die eerste keer in die wedstryd laat voorloop.

Lück het nog drie punte bygevoeg maar die Griekwas se verdediging het gehou.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za