Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-06-30


KRIEKET

* Ter voorbereiding vir die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellingtron/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van toporde kolwers en ’n afrigter wat by die klub wil aansluit. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379.

* Paarl-Krieketklub se algemene jaarvergadering vind plaas op Sondag 10 Julie om 15:00 in die klubhuis. Alle lede word versoek om die vergadering by te woon. Die klub se bekeruitdeling vind plaas op Saterdag 16 Julie te Boland Park (Stumps). Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede teen R50 per kop.

* Die SR Radiators Young Peoples-Krieketklub beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16-19 September.

* Die nuwe bestuur van Young Peoples Cricket Club vir 2011/12 is aangewys.

Hulle is: Richard Davids (voorsitter), Graham Rooks (ondervoorsitter), Josephine Carollissen (sekretaris), David Gabriels (hulpsekretaris), Mark Woodington (kassier), Tom-Ross Fortuin (hulpkassier), Edwin Jacobs (klubkaptein), Edwill Jacobs (wedstrydsekretaris) en Brendon Gabriels (addissionele lid). Die voor seisoense oefeninge is Maandae en Woensdae vanaf 18:00 tot 19:00. Nuwe lede is welkom. Kontak Harry Jacobs by 083 956 3266.

) RUGBY

* Albions bied Vrydagaand ’n dans by die Dalweide skool aan. Die toegang is R20 per persoon en alle lede is welkom.

* Violets speel Vrydagaand op Drakenstein se velde teen Allandale. Die derde span-wedstryde begin om 18:00 en spelers kom om 17:00 bymekaar by die voorsitter se huis.

* Paarl Rangers speel Saterdag weg teen Eersterivier. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Fair Foods en 11:30 vanaf Drakenstein-biblioteek.

* Young Standards bied ‘n rotiverkope en karaokefunksie onmiddellik na afloop van die wedstryd teen Vineyards by Dal Josafat-stadion aan. Kontak vir Bradman Arendse by 072 553 5319.

* Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreik na minderbevoorregtes, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Vir navrae, skakel Coenie Lesch by 072 6595 415.

) NETBAL

* Die Paarl-netbalklub se oefeninge is op Maandae en Donderdae om 18:15 op die Zanddrift-bane. Belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel.

) SOCCER

* Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establish­ing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. Contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847.

) BOOGSKIET

* Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00 tot 18:00 by die Nelson Wynlandgoed. Vir inligting, kontak Louis by 021 870 1257.

) HOKKIE

Van 3 tot 9 Julie word die Suid-Afrikaanse mans B-hokkietoernooi (SA Plattelanse Distrikte) by die astrobaan by Hoërskool Gimnasium beslis. Twaalf spanne gaan aan dié toernooi deelneem. Vir meer besonderhede oor die toernooi, skakel met Jool van Eeden by 083 745 7380

) BERGFIETSE

Die Burger Bergfietsuitdaging op 30 Julie sal vanjaar eindig by Laerskool Eikestad op Stellenbosch waar die registrasie ook Vrydag- en Saterdagoggend sal wees. Vir almal wat oor die eindpunt ry, sal daar ’n medalje wees en ’n koepon vir 50% afslag op toegangsfooi tot die Stellenbosch Wynfees. Almal word aangemoedig om te wag vir die prysuitdeling, want onder andere kan ’n Giant Revel bergfiets ter waarde van R2750 gewen word. Besoek www.dirtopia.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za