Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-president nou verkies

Krieket-president nou verkies
 
2005-10-20


DIE presidentsverkiesing van die Boland Krieketraad het die afgelope tyd baie soos ’n kriekettoets gevoel wat telkens deur reën onderbreek word en nie tot ’n einde kan kom nie.

Maar die son skyn weer by Boland Park.

Vrydagaand het die verteenwoordigers van krieketklubs in die Boland vir ’n derde keer bymekaargekom om ’n nuwe bestuur te kies.

Onduidelikheid oor die grondwet was die oorsaak dat daar met die vorige twee jaarvergaderings nie vir ’n bestuur gestem kon word nie, ’n proses wat al vir bykans vier maande gesloer het.

Henry Paulse wat in 2003 as president uitgetree het, is verlede jaar erelidmaatskap deur Boland Krieket toegeken.

Boland Krieket se grondwet rakende erelede wat ’n uitvoerende bestuursposisie mag beklee, was die groot besprekingspunt tydens die vorige twee vergaderings.

Tydens die tweede vergadering is die hersiende grondwet aanvaar, en moes daar ingevolge die bepalings van dié grondwet weer verdaag word om die nominasie-prosedure geregtelik te laat geskied.

Paulse en die huidige president, dr Peter Cyster, was Vrydag die enigste twee genomineerdes vir die posisie van president.

Cyster is met ’n oorweldigende meerderheid stemme as president herverkies.

“Sy verkiesing is ’n bewys dat die klubs en assosiatiewe lede belang stel in die goeie organisering van krieket en die vooruitgang van die klub,” het Boland Krieket se hoof uitvoerende beampte, Pietie
Williams gesê.

Peter Ingwersen, wat geopponeer was deur Simon Hugo (voorsitter van die Boland Skeidsregtersvereniging en president van die Vredenburg/Saldanha Krieketklub) sowel as Jerry Seale (voorsitter van Bergrivier Krieketklub) is ook met ’n oorweldigende meerderheid stemme herverkies as onderpresident.

Dr André Stoffels (Vredenburg/Saldanha) is onbestrede verkies tot tesourier, nadat Ingwersen sy nominasie onttrek het.

Ingwersen was sedert 1997 die penningmeester van Boland Krieketraad. Hy is dan ook verkies om op die finansiële komitee van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika te dien.

Die agt addisionele lede is Uys Moolman, Len Moses, LG Borman, Gert Fortuin, JC Paleker, Andrew Appollis, Ghalied Jacobs en Adrian Holdstock. Holdstock is die enigste nuutverkose addisionele lid op die bestuur.

“Adrian speel ’n belangrike rol as verteenwoordiger van die Universiteit van Stellenbosch en sy betrokkenheid as bestuurslid word met positiwiteit aanvaar,” het Williams gesê.

Die keurders vir die 2005/2006 seisoen sal later aangewys word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za