Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsdagboek

Kunsdagboek
 
2011-06-30


* Luma. Matthias Silbernagl (klassieke kitaar) en Luca Hart (viool), twee musiekstudente van Stellenbosch het deurgedring na die semi-finaal van Maties Talent op 20 Julie in die Neelsie. Die twee het in 2010 ’n groep genaamd Luma gevorm, wat hul eie musiek skryf, wat wissel van energieke flamenco-gypsy spel tot melankoliese melodieë. Luca is van die Paarl.
* Musiek. Die 2011 Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees strek vanaf 8 tot 17 Julie. Daar is daaglikse aanbiedings van twee studentekonserte, openbare meesterklasse en die ‘In gesprek met’-lesingreeks, benewens die populêre personeel-kamermusiekkonserte elke aand. Die laaste drie aande van die fees sal optredes deur die Feeskonsert- en Feessimfonie-orkeste plaasvind in die Endlersaal. Besoek www.sun.ac .za/chambermusicfestival.
* Konsert. ’n Winter-huiskonsert word op 10 Julie om 18:00 by Rokewoodlaan 72, Die Boord op Stellenbosch aangebied. Die pianis en komponis Sigrun Paschke tree op. Kaartjies is R150 en sluit ’n ete in. Bring jou eie wyn. Bespreek by ingrid@ ingridpromos.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za