Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bejaarde erg beseer in aanval by aftree-oord

Bejaarde erg beseer in aanval by aftree-oord
 
2011-06-30


’n BEJAARDE vrou is ernstig beseer toe sy die afgelope naweek binne haar huis in ’n aftree-oord in die Paarl aangeval is.

Die 68-jarige vrou, Christina Bester, het vroeg Saterdagoggend wakker geword in haar huis in Groenleegte aftree-oord in Noorder-Paarl, deur wat sy gedink het die ritselling van ’n kat was.

Volgens haar suster, Sannie Miller, het sy gaan ondersoek instel toe sy deur twee mans oorrompel is.

Hulle het glo toegang tot die woning verkry deur ’n deur oop te dwing.

Bester het teruggeveg, maar is deur die mans met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan en met ’n skroewedraaier gesteek.

Sy het wel daarin geslaag om uit hul kloue te vlug en het by haar bure om hulp geroep. Teen hierdie tyd was sy oortrek met bloed.

Die mans het met leë hande gevlug. Dit is nog onduidelik hoe hulle toegang tot die sekuriteitskompleks verkry het.

Dit is die eerste keer dat so ’n voorval by Groenleegte plaasvind.

“Christina sterk tans goed aan en ons hoop dat sy binnekort vanuit die intensiewe-sorgeenheid in die hospitaal ontslaan sal word,” het Miller gesê.

“Haar gemoed bly hoog en die engele het haar beslis beskerm.”

Paarl polisie woordvoerder, kapt Louise du Plessis, het gevra dat die publiek daarop moet let om hul eiendomme te alle tye te beveilig.

“Maak seker dat vensters en deure beveilig is, beide wanneer inwoners tuis of weg is.”

Die bestuur van Groenleegte wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie.

Enigiemand met inligting wat verband hou met die voorval word gevra om die Paarl polisiestasie te skakel by 021 807 4000.

* An elderly woman has been attacked in her home in a retirement village in Northern Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za