Flink speurwerk slaan dwelmsmouse hok
2011-06-30
TWEE speurders van die Klapmuts polisie het verlede week in twee verskillende voorvalle met goeie speurwerk twee dwelmsmouse op heterdaad betrap en beslag gelê op mandrax-tablette, tik en kokaïen met ’n straatwaarde van meer as R5000. Die Vrydagaand het konstabel Anthony Pietersen ’n leidraad opgevolg oor dwelms wat op die N1-afrit afgelaai sou word. Nadat Pietersen die voertuig geïdentifiseer het, het hy vir Ashley du Toit (30) van Klapmuts gearresteer nadat mandrax-tablette en tik by hom gekry is. Vroeër daardie week het sersant McMillan Hignett leidrade opgevolg en Christopher Efobi (42), ’n Nigeriese burger, in hegtenis geneem toe hy kokaïen met ’n straatwaarde van R3800 in Klapmuts kom aflaai het. Daar is beslag gelê op ’n voertuig en twee selfone,
More
News
|