Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vis hardloop by J-Dam

Vis hardloop by J-Dam
 
2011-06-30


LEDE van die Paarl Varswater-hengelklub het op 11 Junie by J-Dam (Muizenberg) baljaar onder die visse en uitstekende vangste gemaak, maar die afgelope Saterdag gesukkel om die blinklywe by die Theewaterskloofdam aan wal te bring.

Alhoewel daar in die verlede maar altyd gesukkel is om ’n klomp vis in J-Dam te vang, het hengelaars dié keer die teendeel bewys deur altesame 217 visse te vang met ’n totale gewig van 499 kg.

’n Sterk suidoostewind en ’n lae temperatuur het heeldag gepla en veroorsaak dat hengelaars heelwat nader aan die wal gehengel het as normaalweg.

Paul Greyling jr was die top-hengelaar van die dag met 12 visse met ’n gewig van 61,6 kg. In die 2de plek was Johan Otto met 23 visse van 40,2 kg en in die 3de plek was Sydney Diedericks met 12 visse van 43,8 kg.

Onder die dames was Magriet Vosloo die beste hengelaar met 15 visse (34,6 kg). Magda Otto was 2de met 16 visse (16,5 kg) en in die 3de plek was Zandrea van Deventer met 4 visse (11,7 kg).

Die grootste vis vir die dag is gevang deur Paul Greyling sr. Dit was ’n volskub-karp van 7,2 kg.

Ná 4 kompetisies is Sydney Diedericks die algehele voorloper met 197 punte met Paul Greyling jr wat in sy nek blaas met 194 punte.

Nico Joone is in die 3de plek met 178 punte. Magda Otto bly die voorloper onder die dames met 158 punte gevolg deur Zandrea van Deventer met 147 punte en Magriet Vosloo in die 3de plek met 133 punte. Terrance Carlson bly die voorloper in die junior afdeling met 155 punte.

) Die 5de klubkompetisie van dié klub het Saterdag onder moeilike toestande plaasgevind by die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp. Reën, lae temperature en ’n dwars wind het heeldag gepla en net 21 visse is gevang. Die Otto-egpaar, Johan en Magda, het baie goed gevaar deur 1ste en 2de algeheel vir die dag te eindig.

Johan het die beste onder die mans gevaar met 12 visse gevolg deur André van Deventer met 2 visse en Paul Greyling jr met 1 vis. Magda het die beste onder die vrouens gevaar met 2 visse gevolg deur Zandrea van Deventer met 1 vis.

Ná 5 kompetisies is Paul Greyling jr nou die nuwe algehele voorloper met 243 punte. Johan Otto het opgeskuif na die 2de plek met 232 punte met Nico Joone wat in die 3de plek bly met 222 punte.

Magda Otto bly die voorloper onder die dames met 211 punte gevolg deur Zandrea van Deventer met 194 punte en Magriet Vosloo met 138 punte. Magda vaar uitstekend aangesien dit die 1ste jaar is wat sy aan elke kompetisie deelneem en sover is sy algeheel 4de in die klub.

In die meestersafdeling is Sydney Diedericks los voor met 202 punte gevolg deur Stokkies Rossouw met 153 punte en David Kotze met 107 punte.

Die volgende kompetisie is op 16 Julie by die Paarl dam op die R45.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za