Franschhoek-rowers steeds op vrye voet
2011-06-30
DIE ses rowers wat verlede week die One Night spazawinkel in Groendal op Franschhoek beroof het, is steeds op vrye voet. ’n Onbekende bedrag kontant is geroof. Die voorval het verlede Maandag gebeur toe ses swart mans die winkel van Ali Mohamed Dyud, ’n Ethiopiër, beroof het. Vier mans het die winkel om 15:00 binnegestorm en vir Duyd en twee ander Ethiopiërs beveel om op die grond te lê. Twee van die rowers het buite wag gehou. ’n Rower geklee in ’n bruin baadjie en gewapen met ’n silwer handwapen het die bevele gegee, sê konstabel Marise Papier, woordvoerder van die polisie op Franschhoek. Die slagoffers is later in ’n toilet toegesluit waarna ’n yskas voor die deur gestoot is. Die rowers het toe op die vlug geslaan met ’n groot som geld, ’n selfoon en Dyud se Datsun bakkie. Die bakkie is later verlate in Violastraat gevind, sê sy. Konst Cedric Diedericks ondersoek tans dié saak van gewapende roof.
More
News
|