'Polisiebeamptes' buit pensioengeld
2011-06-30
TWEE mans is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle glo behoeftiges van hul staatstoelaes beroof het.
Dit kom nadat die Klapmuts polisie verskeie klagtes ontvang het van Allpay begunstigdes, dat vier mans wat hul glo voorgedoen het as polisiebeamptes, ’n rat voor die oë van niksvermoedende lede van die publiek gedraai het. Volgens Klapmuts polisie se woordvoerder, konstabel Naima Vaughan, is die vier verdagtes netjies geklede swart mans, wat vir lede van die publiek voorgekeer het wanneer hulle die Klapmuts-klubhuis verlaat het, nadat hulle op Allpay-dae hul kontant ontvang het. “Die verdagtes het glo wat gelyk het soos polisie-identiteitskaartjies aan persone getoon. Van die slagoffers is deursoek en toe hulle weer kyk, is hul Allpay-geld weg. “Ander is gevra om hul geld aan die mans te oorhandig in ruil vir goedkoop kruideniersware.” Nodeloos om te sê, is hul geld en die verdagtes nie weer gesien nie. Maar verlede week het een van hierdie slagoffers ’n voertuig naby die Klapmuts-klubhuis opgelet wat ooreengestem het met die motor waarin die verdagtes gery het. Die polisie is dadelik gekontak en twee verdagtes is op die perseel in hegtenis geneem. Tondu Xholo en Wusumzi Mkele, albei van Khayelitsha, is in hegtenis geneem in verband met die bedrieëry. Vaughan vra dat lede van die publiek wat op dieselfde wyse deurgeloop het met hul Allpay-geld, inligting moet oordra aan die polisie. Sy kan geskakel word by 021-875-8000. * Various people receiving social grants in Klapmuts have been bamboozled out of their money by suspects parading as police officers.
More
News
|