Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sepie-ster Ivan Zimmerman sing Vrydag by Ou Meul

Sepie-ster Ivan Zimmerman sing Vrydag by Ou Meul
 
2011-06-30


OP Vrydag 8 Julie om 20:00 is Ivan Zimmerman op die planke by die Ou Meul-teater.

Zimmerman is bekend as akteur in gewilde reekse soos Dit Wat Stom Is, Egoli en 7de Laan, maar hy het nog altyd geweet dat hy eendag ’n CD sal opneem.

In 2010 het hy sy eerste CD Asems Uit die See vrygestel.

“Ek skryf al baie lank gedigte en so vyf jaar gelede het ek van hulle begin toonset,” vertel hy.

“Ek het daaraan geskaaf en vir mense van die liedjies begin speel. My droom om ’n CD op te neem, het al nader gekom.

“Daar was twee dinge wat vir my baie belangrik was met die album: al die liedjies moet oorspronklik wees en dit moet iets vir my beteken.”

Elkeen van die elf snitte op Asems Uit die See het ’n storie. So is Weskus van God, die eerste snit op die album, ’n liedjie wat Zimmerman sewe jaar gelede geskryf het toe hy Lize Beekman se huis in Melkbosstrand aan die Weskus opgepas het.

“Dit was eers ’n gedig en ek het dit later in Saldanha getoonset. My liefde vir die Weskus het juis begin toe ek in Saldanha in die vloot was,” vertel hy.

Novembermaand sal Zimmerman te sien wees in Platteland, ’n Afrikaanse fliek met groot name soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk en Lianie May in die rolverdeling.

Kaartjies vir die produksie Asems uit die See is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za