Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewapende roof tref Wellington

Gewapende roof tref Wellington
 
2011-06-30

Lise Beyers

GEWAPENDE mans het Maandagoggend derduisende rande in juweliersware gebuit in ’n rooftog op Wellington.

Die rooftog het omstreeks 11:00 plaasgevind toe twee mans wat hul voorgedoen het as kliënte, die American Swiss juwelierswinkel in Kerkstraat ingestap het.

Die donkerkleurige mans was glo goed geklee en het uitstekende Engels gepraat.

Hulle het volgens ’n polisiewoordvoerder van Wellington polisie ’n verkoopsdame gevra vir ’n brosjure van juweliersware.

“Maar skielik het die een verdagte ’n vuurwapen op die personeellede gerig en hulle is na die agterkant van die winkel gedwing.”

Hier is hulle beveel om op hul mae te lê en hulle is vasgebind.

Tydens die rooftog het ’n niksvermoedende kliënt die winkel binnegestap. Sy is ook deur die rowers oorval en vasgebind.

Hulle het hierna juweliersware ter waarde van duisende rande gebuit, sowel as die personeellede se selfone, ’n skootrekenaar en duisende rande in kontant.

’n Lid van die publiek het aan die polisie gesê dat hulle opgelet het hoe twee goedgeklede mans vanuit American Swiss stap met sportsakke.

Hulle het na ’n wit motor met ’n CJ registrasienommer oorkant die winkel gestap en weggery in die rigting van Piet Retiefstraat.

Intussen het een van die personeellede daarin geslaag om haar hande los te kry en sy het alarm gemaak.

Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan kapt Klaas Cloete skakel by 021 864 9600.

* A jewellery shop in Church Street, Wellington, was robbed in broad daylight on Monday morning.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za