Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tuks Camerata-koor tree op in die Paarl

Tuks Camerata-koor tree op in die Paarl
 
2011-06-30


DIE bekende Tuks Camerata-studentekoor van die Universiteit van Pretoria, een van die beste kore ter wêreld, tree op Vrydagaand 8 Julie op in die Hervormde Kerk in Zionstraat, Paarl om 19:30. Die konsert word aangebied deur die gemeente, in samewerking met die Vriende van Afrikaans.

Die koor het verlede jaar die toekenning verower vir beste gemengde volwasse koor tydens die 2010 Bratislawa Advent- en Kersfees-musiekfees in Slowakye.

Ander meer onlangse hoogtepunte uit hul koorgeskiedenis sluit onder meer in: algehele wenner by die Singkreis Porcia Internasionale Koorkompetisie in Spittal, Oostenryk, asook eerste plek in die Jazz- en Pop-kategorie by die 46ste CA Seghizzi Internasionale Koorkompetisie in Gorizia, Italië.

Hulle is uitgenooi as gaskoor na die 6de Wêreld-koorsimposium in Minneapolis, VSA.

Die program bied van die beste Suid-Afrikaanse komposisies sowel as meesterstukke uit hul internasionale à-capella repertorium. Die koor bestaan uit 67 voltydse studente.

Dirigent Christo Burger het meesterklasse ontvang in koorleiding by die Juilliard School of Music in New York, VSA. Hy word gereeld uitgenooi as beoordelaar by internasionale koorkompetisies onder meer na die Tjeggiese Republiek, Maleisië en Thailand.

Christo is ook ’n komponis en is bekend vir sy komposisies in die Afrika avant garde styl.

Kaartjies is R50 en kan bespreek word by Gwen van Wyk (082 875 8923) of Elsa Olivier (021 863 3839/072 997 5611).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za