Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Piet Botha by Breytenbach

Piet Botha by Breytenbach
 
2011-06-30


DIE sangers Piet Botha en Jacques Groenewald is op 6 Julie om 20:00 te sien by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater.

Piet Botha word beskou as ’n legende in die plaaslike musiekbedryf en verskyn al vanaf die vroeë 1980s op verhoë regoor Suid-Afrika.

Gedurende die laaste jaar het hy en die Akkedis Band hulle jarelange vriendskap ’n stap verder geneem en die groep The Lyzyrd Kings begin, wat ook die jong kitaarspeler Jacques Groenewald insluit.

Hulle is tans besig om ’n album op te neem wat later die jaar sy verskyning sal maak.

Dié groep verskyn gewoonlik as ’n vol elektriese band, maar vir hierdie vertoning by Die Bôrdienghuis, lewer Botha en Groenewald ’n meer intieme, akoestiese vertoning.

Hulle repertoire is ’n mengsel van blues, rock en folk-musiek, wat bestaan uit Engelse en Afrikaanse materiaal en ook hul eie weergawes van liedjies deur onder andere Warren Zevon, John Lennon, Neil Young en Johnny Cash.

Piet Botha se album Spookpsalms is ook onlangs vrygestel en die gehoor kan daarna uitsien om nuwe Afrikaanse liedjies te hoor, sowel as ou gunstelinge soos Goeienag Generaal, Suitcase Vol Winter, Bordello en Sien Jou Weer.

Kaartjies is R85 per persoon en kan bespreek word by 082 812 1112.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za