DIE Old Mutual/AHI Onderneming van die Jaar-kompetisie is gemik op die bou en handhawing van winsgewende entrepreneurskap, uniekheid en uitmuntende dienslewering in die Suid-Afrikaanse sakesektor. Die sluitingsdatum vir deelname aan die kompetisie is 29 Julie.
Die kompetisie word in twee afdelings beslis: die Ope-afdeling (jaarlikse omset bó R20 miljoen) en Kleinsake (jaarlikse omset tot R20 miljoen). Die eerste prys in elke afdeling is R25 000.
Alle dienste-, kommersiële of industriële maatskappye mag deelneem behalwe dié wat deel is van ’n genoteerde groep op die JSE of ’n ander internasionale aandelebeurs, of waarin die regering ’n aandeelhouer is.
Vir navrae oor inskrywings, kontak Petro Bothma by pbothma@businesspartners.co.za.
Petro Bothma